Advertisement
Advertisement
Advertisement

Latest Ads

FOR SALE korg pa2xpro 76-key arranger keyboard………..$700
FOR SALE korg pa2xpro 76-key arranger keyboard………..$700
(Music & Instruments / Musical Instruments)
2011-10-01
Bonanza Promotion! Bonanza Promotion !! Bonanza Promotion !
Bonanza Promotion! Bonanza Promotion !! Bonanza Promotion !
(Electronics / Portable Audio / Radio Equipment)
2011-08-19
For sale::Apple Iphone 4G 32gb,Apple Ipad 2 64gb,Nikon D700,
For sale::Apple Iphone 4G 32gb,Apple Ipad 2 64gb,Nikon D700,
(Electronics / Electronic Components)
2011-08-01
Morné mik na nr. een
Morné Steyn Morné Steyn hoop om die Springbokke se nommertien-trui sy eie te maak noudat hy die beginspan vir Saterdag se Drienasies-rugbytoets teen die All Blacks hier in die Absa-stadion gehaal het.

Dié nuwe held van Suid-Afrikaanse rugby het vandeesweek hier by Bell’s se Night of the Stars, waar die Bokke gehelp het om meer as R1 miljoen vir die Chris Burger/Petro Jackson-spelersfonds in te samel, met Sport24 oor sy droomseisoen gesels.

Saterdag kry hy ’n kans om nóg ’n hoofstuk in sy merkwaardige verhaal te skryf wanneer hy in die plek van die beseerde Ruan Pienaar op losskakel teen Nieu-Seeland begin.

“Dis nie altyd lekker om van die plaasvervangersbank af opgestuur te word nie. Ek en Ruan is goeie mededinging vir mekaar en dit hou ons op ons tone,” sê Steyn.

“Vir my gaan dit nou daaroor om in die beginspan te bly. Dís die moeilike ding. Dis makliker om in te kom as om die res van die internasionale seisoen of Drienasies-reeks daar te bly. Dit gaan nie maklik teen die All Blacks wees nie. Ons verwag ’n fisieke stryd.”

Steyn was vroeër vanjaar eers nie deel van die Springbok-keurders se planne nie, maar hulle kon nie anders nie as hom met nasionale kleure te beloon ná sy goeie vertonings vir die Bulls in die Super14-reeks.

Sedertdien het hy die reeks teen die Britse en Ierse Leeus met ’n briljante skop in die doodsnikke op Loftus Vers?feld beklink, en die afgelope naweek gehelp om die knoop in die tweede helfte van die toets teen Nieu-Seeland deur te hak.

Steyn (25) korrel nou só akkuraat dat die All Blacks se breier, Graham Henry, vandeesweek gesê het dat hy een van die beste skoppers in wêreldrugby is.

Vreemd genoeg word Steyn se impak elke keer van die plaasvervangerbank af gevoel.

Hy het in die derde toets teen die Leeus, wat Suid-Afrika met 9-28 op Coca-Colapark verloor het, in die beginspan uitgedraf. Teen daardie tyd was die reeks reeds gewonne en die Bokke het baie veranderinge gemaak.

Steyn stap dus met groot selfvertroue in die beginspan in.

“Die manier hoe die ouens verlede week gespeel het, maak dit soveel makliker om in Ruan se plek te speel,” sê hy.

“Ek het vir ’n paar jaar by die Bulle op die bank gesit. In só ’n geval hou ek daarvan om ’n verskil te maak, want dis ’n plaasvervanger se taak. Ek het in ’n paar wedstryde genade van Bo gekry. Dit was wonderlik.

“Dit het in die Super14-reeks by die Bulls begin. Ons het ’n puik seisoen gehad. Net om vanjaar die Bok-span te haal, die Leeus-reeks te wen en nou in die Drienasies te speel . . . dis ’n sprokiesverhaal.”

Steyn hoop maar sy skoppe kan soos ander spelers voor hom s’n in die geheue van rugbyondersteuners voortleef. En wie wat daardie Saterdag op Loftus was, sal ooit daardie skop wat die reeks met ’n sege van 28-25 beklink het, kan vergeet?

“Niemand sal Joel Stransky se skepdoel by die Wêreldbeker-toernooi (in 1995) vergeet nie,” sê hy.

“Jeremy Guscott het dit (in 1997 in die tweede toets tussen die Britse en Ierse Leeus en Bokke) teen ons gedoen en nou was dit my beurt.

“Hopelik word daardie skop ook 12 jaar lank onthou!”

Source:  beeld.com

 
< Prev   Next >